babette & olga op reis şarkı sözleri

Ek is altyd op reis, altyd op soek Ek weet nie waarheen nie, en soms is dit te voet Somtyds huiwer ek op hierdie eindelose baan Maar iewers staan dit wel geskryf Hierdie weg moet ek gaan En as jy wil saamreis Bring 'n hoed maar los jou tas Want die son en bagasie hou jou vas Die pad is ongelyk, bestemming onbekend Maar as jy wil saamkom Bring jou hart Ek is altyd op pad, ewig verdwaal Ek het geen kaart of kompas nie, kom selde tot verhaal Dikwels stuikel ek, oor my eie waan Maar iewers staan dit wel geskryf Hierdie weg moet ek gaan En as jy wil saamreis Bring 'n hoed maar los jou tas Want die son en bagasie hou jou vas Die pad is ongelyk, bestemming onbekend Maar as jy wil saamkom Bring jou hart Ek is altyd op reis, kronies verlore My geld is op, ek volg in niemand se spore Somtyds swoeg ek om die regte weë te verstaan Maar iewers staan dit wel geskryf Hierdie weg moet ek gaan En as jy wil saamreis Bring 'n hoed maar los jou tas Want die son en bagasie hou jou vas Die pad is ongelyk, bestemming onbekend Maar as jy wil saamkom Saamkom, saamkom, Bring jou hart
Sanatçı: Babette & Olga
Türü: Belirtilmemiş
Ajans/Yapımcı: Belirtilmemiş
Şarkı Süresi: 3:20
Toplam: kayıtlı şarkı sözü
Babette & Olga hakkında bilgi girilmemiş.

Fotoğrafı