babette & olga popliedjie şarkı sözleri
Toe ek so vier jaar oud was het ek 'n spesiale speelding gekry
'n Pop wat kon giggel en nadoen, en heeldag in my stootwaentjie ry
Hare soos sparberry sparletta, bol wange en 'n neusie gesproet
Twee pofferhandjies, aangeskroef, boomstomp-beentjies aan elke voet
My pokkel-pop was my beste maat, hy's heeldag gesoen en geknyp
Ek is so bly my ouers het my 'n boetiepop laat kry
Ek is so bly

Lego gebou en liedjies gesing met gumboots in die modder baljaar
Ons het vlotte gebou en perd gery op ons fietse die plaas plat gejaag
Ek het hom op my rug rondgedra later agter op die motorfiets gelaai
Ons in ons swartkat mantels het op ons hele familie gespaai
My pokkel-pop was my beste maat, hy's heeldag gesoen en geknyp
Ek is so bly my ouers het my 'n boetiepop laat kry
Ek is so bly
Ek is so bly my ouers het my 'n boetiepop laat kry
Nou speel ek nie meer pop nie, en Pokkie is 'n reus
Maar my pokkel-pop is steeds besig om my beste pel te wees