babette viljoen dalene se bos şarkı sözleri

Net neffens Knysna lê Dalene se Bos Dis gewyde grond en 'n heiligheid raak los Onder die geelhout, die kroon van haar ryk Kon ons stilraak en voel hoe alle grense wyk Ons volg Oupoot se spoor, hy lei ons tot by die punt Waar Fiela Komoetie se hartseer begin En 'n loerie sing vir ons die storie Verklap geheime wat ons anders nie sou hoor nie Dit voel soos huis in Dalene se Bos En die kringe lei na die twee van ons Dit voel soos huis in Dalene se Bos En die kringe lei na die twee van ons Ons kies koers tot waar 'n kalander pryk En deur Saul se oë kan ons anders kyk Na die bloubokkie wat sê waar die waarheid lê Hier is dit veilig om uitbundig te lag en lief te hê Dit voel soos huis in Dalene se Bos En die kringe lei na die twee van ons Dit voel soos huis in Dalene se Bos En die kringe lei na die twee van ons Die einde van ons tog bring ons by die stroom Ons hou piekniek op die oewer, dink, dans en droom Terwyl die water kabbel word ons diep bewus Dat ons spore deel van 'n groter prentjie is Dit voel soos huis in Dalene se Bos En die kringe lei na die twee van ons Dit voel soos huis in Dalene se Bos En die kringe lei na die twee van ons
Sanatçı: Babette Viljoen
Türü: Belirtilmemiş
Ajans/Yapımcı: Belirtilmemiş
Şarkı Süresi: 3:44
Toplam: kayıtlı şarkı sözü
Babette Viljoen hakkında bilgi girilmemiş.

Fotoğrafı