carike keuzenkamp die kat kom weer şarkı sözleri

Ou Jan Wilson had 'n kat wat die ou nie wou verlaat Hy't alles geprobeer om die kat daar weg te keer Selfs na die predikant om raad van hom te kry Die predikant die het gesê, die kat moet daar bly Maar die kat kom weer want hy wil nie langer wag Die kat kom weer net die volgende dag Die kat kom weer, glo vir my, dis waar Die anderdag môre was die kat weer daar Hul sit hom op 'n skip en hul stuur hom na Ceylon Die skip die was gelaai met 'n twaalf-duisend ton Nie ver nie van die land daar het die skip gesink En al die matrose op die skip het verdrink Maar die kat kom weer want hy wil nie langer wag Die kat kom weer net die volgende dag Die kat kom weer, glo vir my, dis waar Die anderdag môre was die kat weer daar Die boer die sweer toe blou, ja, hy sou die kat doodskiet Hy laai toe sy ou Sanna met kruit en dinamiet Hy lê die kat toe voor, die pad wat hy sou kom Die anderdag môre lê daar net vel en been Maar die kat kom weer want hy wil nie langer wag Die kat kom weer net die volgende dag Die kat kom weer, glo vir my, dis waar Die anderdag môre was die kat weer daar Die kat sit op die stoep en hy eet 'n stukkie kaas Daar kom 'n Skotsman aan, hy maak 'n groot geraas Die katjie kyk verwonder, veeg hom met sy poot Die Skot speel Britannia, die kat skrik hom dood Maar sy gees kom weer want hy wil nie langer wag Sy gees kom weer net die volgende dag Sy gees kom weer, glo vir my, dis waar Die anderdag môre was sy gees weer daar
Sanatçı: Carike Keuzenkamp
Türü: Belirtilmemiş
Ajans/Yapımcı: Belirtilmemiş
Şarkı Süresi: 2:48
Toplam: kayıtlı şarkı sözü
Carike Keuzenkamp hakkında bilgi girilmemiş.

Fotoğrafı