ilze ontong regstreeks: die dinkmasjien şarkı sözleri

Hierdie is 'n klein nota nou, kom regstreeks uit die voël se kou Meng jy sterlig met jou skaad, swem jy saans saam jou haat Uit jou oog en jou hart en jou mond, kom jou ma en jou pa en jou broer se kind Wyd oor die aarde saai jou smart in die donkerland swem jou sein Regstreeks oor die wegmaak van die mure, die grafte, die gragte tussen ons Graag pleister ons die toekoms heel, regstreeks oor die regmaak van Die man met die plan in die Ponte-toring, die vrou wat wou in die fyn van haar mou Lig julle koppe hou op met skrou, hoop op die paaie, hoop op die water, hoop Staan op Staan op Gaan gym Was jou, eet Werk toe, kyk goed, Facebook, werk 'n bietjie, eet, kyk goed, Facebook Werk 'n bietjie, goed, dis huistoe gaan tyd en dit hangaf waar jy bly Hoe lank dit sal jou vat voor jy weer kan Eet en goed kyk en Facebook en slaap, herhaal Herhaal In 'n oogwink as jy mooi dink, spook die beelde by jou Haar kontoere vorm vloere, waar jou brein herkou Sou jy terugstaan by 'n ligpaal en die waarheid sien Mag jy wonder oor die inhoud wat jy jouself mee bedien Sien 'n prentjie van die mensies om 'n vuurtjie sit Hul vertel stories van legendes, vandag noem ons dit bid So 'n beeld vorm norms waar refleksie sou lê Waardes en waarheid in gebare wat wyse manne sou sê Is there disgrace in the foe of the power of one Dancing to freedom was exchanged with core battles of tongue Mr President is a synonym for the blaming game Bouncing ignorance, feed the system with more hunger pains Truth is lacking yet we're stacking in front of television sets Maar change die channel want ek kyknet sodat ek saam kan klets Onthou jy die Kringe in 'n Bos, waar vuur die middelpunt was Boek met bladsy, staan opsy, boks met beeld draai mens in haar as Jy sal nooit weer hoef te baklei Oor 'n remote of skaam te kry of trots te wees oor jou vyf voorname Wat in die baarde van jou swart en wit stamvaders Jou deur bloed en babadoop benader, genade, ons is vasgenael aan die kassie Soos spykers in 'n kruis, elke huis het mos een Ons passie word uitgesuig of verdrink soos die dopsisteem Stilletjies opgeneem maar luidkeels word ons wydsbeen-wielie-walie-wawiele viral Daar wapper 'n vierkleur irriterend op die skerm soos 'n vlam O nee, dis tandepasta wat als kan doen in een, mam Maar meeste van die volk besit dan skaars een tand Sit jou vaderlandromanse eers eenkant, bewegings sonder weerstand Ons blink in die dof-lig en dink oor die redes hoekom ons pa's in die hof sit As ons deur die vrot en trots sif verander ons vonnis na belofte Ag ekskuus meneer, ag teken my petisie Ekskuus meneer, het u dalk tyd vir 'n revolusie Ek ly aan 'n illusie oor my mede mense evolusie Want ek het my eie visie maar ek's besig om my te vervies hier Ekskuus meneer, dink u nie ook dis sies hier Liewe Meneer, al wat ek na drang is 'n bietjie rusie Ek kan rêrig nie glo dat u nie my kant wil kies nie Al wat ek rêrig kort is 'n klein bietjie publisie Tyd om te go, genoeg ou, ek's moeg nou Ek verstaan jy wroeg gou, maar jou ou vlag vlieg flou, ekskuus bro Dude, wees verseker, as jy nie die regering vertrou Wil jy hulle verseker nie met die doodstraf aanskou Uh, maar meneer Hou op met al julle komberse, hou op met al julle brood Minder mense, minder gaan dan dood Wees die verskil wat jy in die samelewing wil sien So hang jouself as jy weet dis wat jy verdien Die Grootrivier is elders groot Hier's dit bloot ʼn sloot met gal wat skrik tot slik en dan Winterkoud die grond in syg Iewers brand boeke in ʼn biblioteek Rook wat eenbeen regop staan Dan deur wind geamputeer en wegbloei uit my truspieëlraam Iemand soebat in Frans en Lingala, maar ʼn buiteband word aangesteek Koppe is die doppe van die omelette wat moet breek om die storie te wreek Hou die landskap wat na agter verdwyn vir net nog ʼn ruk in kwarantyn Dit het meer as winter onderlede en is siek, siek, siek, siek, siek, siek Vergeet, vergeet van 'n revolusie Op Facebook, Twitter of jou televisie Die revolusie krap in asblikke Die revolusie vra twee rand, die revolusie wil jou venster was Dit is vuil en dit snuffel langs snelweë Dis alleen en dis swanger op twaalf Die revolusie stort ineen op die golfbaan Dit hou jou kos warm en dit wag Vergeet, vergeet van die revolusie Op Facebook, Twitter of jou televisie Dit brand soos 'n droom, oneindig, onblusbaar, dis ewig soos alles, dit reis deur die lug Dis die sopkombuis van die kosmos, dis die diepste sug wat daar is Die fusie van rewolusie smelt tradisie en illusie Woorde word ons ammunisie Kartetse van seer presisie My tongsambok blitsklits die taal, gee die teken vir die vuurverhaal Rewolusie dwing die hek oop Slaan rymend vensters met 'n vuis Op asem se kragveldkontoere, dreunsing boer, pandoer en hoer Die fusie van rewolusie staan op my pa se stoep en roep Maak oop jou hart Maak oop jou deur, laat my binnekom, laat my bly
Sanatçı: Ilze Ontong
Türü: Belirtilmemiş
Ajans/Yapımcı: Belirtilmemiş
Şarkı Süresi: 7:46
Toplam: kayıtlı şarkı sözü
Ilze Ontong hakkında bilgi girilmemiş.

Fotoğrafı