ivan kruger alternatiewe afrikaner odyssey şarkı sözleri
Die ego is my enemy
Ek bid lank in Getsemane
Ek influence die mense
En vertel hul dat hul wense
Waar kan is as hul net glo
Hul kort hulp vanni Man da Bo
As is verbrande hout
Op die aarde is ek. Die sout
Die lewe is n wiskunde toets en ek het nie n sakrekenaar nie
Ons kamer ruik soos poep en peaceful sleep
Aan die begin van my Alternartiewe Afrikaner odyssey hang daar n bordjie"Om jou vyand te verslaan moet jy jou vyand kan verstaan"
Kan hierie nie maar die kanker sigaret wees wat my wegvat nie?
Ek is moeg vir hierdie Aarde
Moeg vir die samelewing en sy verbale swaarde
Uitgeput want ek plant opcheer en oes slegs onkruid
Die lewe is 'n hondsdol wat my jaag en my probeer byt
Nou skryf ek maar die
My alternatiewe afrikaner odyssey
Good timber does not grow with ease, the stronger wind, the stronger trees en al ruk die storm staan ek steeds op, al slaan die lewe my in die gesig met n nat mop
Ek kry nuwe hoop, ek asem in grit
Maak my oe toe vir die kak terwyl ek aanhou bid
Want hierdie wereld is my woning nie
Ek loop deur my alternatiewe afrikaner Odyssey
Ek is van my geluk en hoop ge"rob"
Ek verstaan al hoe meer hoekom Job
Kwaad vir die Here sy klere geskeure het
Terwyl hy tekere gebede bewerend lewe
Believe and you shall see
Alternartiewe Afrikaner odyssey"Om jou vyand te verslaan moet jy jou vyand kan verstaan"

