jacques not jack hemeldief şarkı sözleri
Ek gaan lê op die gras in die middel van die nag
My rug word nat maar ek gee nie om nie
Ek kyk na die sterre bo my
En ek dink aan daai aand toe jy hier was
Ons het saam gelag
Ek voel so nostalgies
Ek wens jy was hier langsaan my
Onthou jy ek het jou gevra om 'n ster te kies
En jyt gesê jy wil hulle almal hê asseblief
Wel enigiets vir jou
Enigiets vir jou my lief
Enigiets vir jou
Vir jou is ek 'n hemeldief
Eks jou hemeldief
Ek gaan sit op die strand
Dis die mooiste dag
En ek dink aan wat
Jy vir my gesê het
Terwyl ek na die golwe kyk
Jyt gesê jys bang
Vir hierdie lang tyd sonder my maar ek is nie weg nie
Al mag dit soms so lyk
Want selfs as die son die lug blou inkleur
Is die sterre nog steeds daar dis net in die wolke weggesteek
Net so is ek altyd daar jy hoef nooit te twyfel nie
Ek sal jou sterre vir jou terug bring
Onthou jy ek het jou gevra om 'n ster te kies
En jyt gesê jy wil hulle almal hê asseblief
Wel enigiets vir jou
Enigiets vir jou my lief
Ek sal jou sterre vir jou terugbring
Want eks jou hemeldief
Eks jou hemeldief
Eks jou hemeldief

