t m o m - the music of mosaïek jesus se gesig (feat. dené vorster) şarkı sözleri

Ek dink Jesus se gesig is mooi Ek dink Jesus se gesig Het ook 'n plooi of twee Ek dink Jesus se gesig Vertel van hoop Ek dink Jesus se gesig Is daar waar vreemdelinge loop En Hy sien ons Hy kyk Het jy al ooit gewonder Hoe sy gesig vandag sou lyk Miskien soos die man wat vir 'n stuk brood vra Of jou seun wat vra Dat jy hom op jou rug moet dra Die hondjie wat loop langs die straat Jou oupa wat stories vertel En wat vir ure en ure aaneen kan praat Of miskien soos die sonsopkoms 'n nuwe dag Al voel dit soms Of hierdie donkerte vir ewig gaan bly Verskyn sy gesig Jesus se gesig vir jou en vir my En Hy sien ons Hy kyk Het jy al ooit gewonder Hoe Hy aan jou verskyn Dalk as ouma wat koekies bak Of pa wat jou hard laat lag Ma wat sê mens moet saggies baklei Of dalk as 'n vriend wat sê Ek moet inkopies gaan doen Is daar iets wat ek vir jou kan kry Of dalk sien jy Hom in trane In iemand wat sukkel met 'n stryd Dalk is Hy die kunstenaar wat musiekmaak Om ons deur hierdie tyd te kry Dít is Hy En Hy sien ons Hy kyk As jy mooi kyk sal jy Hom selfs in die donkerte kry Jesus Jesus Jesus Ek dink Jesus se gesig Vertel van God Hy't gekies om deur sy Seun te kom En mens te word Kan jy glo Hy't net soos jy gelyk En sy voetspore het groot genade en liefde kom bewys God sien ons God kyk Van aangesig tot aangesig Kan jy sien hoe mooi is Hy Van aangesig tot aangesig Kan jy sien
Sanatçı: T M O M - The Music Of Mosaïek
Türü: Belirtilmemiş
Ajans/Yapımcı: Belirtilmemiş
Şarkı Süresi: 4:17
Toplam: kayıtlı şarkı sözü
T M O M - The Music Of Mosaïek hakkında bilgi girilmemiş.

Fotoğrafı