t m o m - the music of mosaïek jesus se gesig (feat. dené vorster) şarkı sözleri
Ek dink Jesus se gesig is mooi
Ek dink Jesus se gesig
Het ook 'n plooi of twee
Ek dink Jesus se gesig
Vertel van hoop
Ek dink Jesus se gesig
Is daar waar vreemdelinge loop
En Hy sien ons
Hy kyk
Het jy al ooit gewonder
Hoe sy gesig vandag sou lyk
Miskien soos die man wat vir 'n stuk brood vra
Of jou seun wat vra
Dat jy hom op jou rug moet dra
Die hondjie wat loop langs die straat
Jou oupa wat stories vertel
En wat vir ure en ure aaneen kan praat
Of miskien soos die sonsopkoms 'n nuwe dag
Al voel dit soms
Of hierdie donkerte vir ewig gaan bly
Verskyn sy gesig
Jesus se gesig vir jou en vir my
En Hy sien ons
Hy kyk
Het jy al ooit gewonder
Hoe Hy aan jou verskyn
Dalk as ouma wat koekies bak
Of pa wat jou hard laat lag
Ma wat sê mens moet saggies baklei
Of dalk as 'n vriend wat sê
Ek moet inkopies gaan doen
Is daar iets wat ek vir jou kan kry
Of dalk sien jy Hom in trane
In iemand wat sukkel met 'n stryd
Dalk is Hy die kunstenaar wat musiekmaak
Om ons deur hierdie tyd te kry
Dít is Hy
En Hy sien ons
Hy kyk
As jy mooi kyk sal jy Hom selfs in die donkerte kry
Jesus
Jesus
Jesus
Ek dink Jesus se gesig
Vertel van God
Hy't gekies om deur sy Seun te kom
En mens te word
Kan jy glo Hy't net soos jy gelyk
En sy voetspore het groot genade en liefde kom bewys
God sien ons
God kyk
Van aangesig tot aangesig
Kan jy sien hoe mooi is Hy
Van aangesig tot aangesig
Kan jy sien